Eden palm 30 medaljes in by Highgate-tweekamp

Vir die afgelope 32 jaar is die Highgate Tweekamp ’n hoogtepunt op die sportkalender. Verlede Saterdag het die 32ste interprovinsiale DCAS/Groter Oudtshoorn / Highgate-Tweekampbyeenkoms plaasgevind.

Ses provinsiale spanne – WP, Boland, Vrystaat, Griekwas, OP en Eden het altesaam 530 atlete bevat wat in ideale weersomstandighede deelgeneem het. Die byeenkoms het op die De Jagers-atletiekbaan en by NA Smit-swembad plaasgevind. Luidens ’n verklaring deur die Wes-Kaap Tweekampforum was die waterkwaliteit die beste die afgelope 15 jaar.

“As dit die kwaliteit van aanbieding gaan wees, kan ’n top SA Tweekampkampioenskap 21/22 Maart 2025 in Oudtshoorn verwag word,’’ lui ’n deel van die verklaring.

Daar word ook genoem dat die afgelope Highgate-tweekamp bykans R3,5 miljoen tot Oudtshoorn se ekonomie bygedra het.

Met 30 medaljes wat ingepalm is, het Eden Tweekamp hul beste vertoning in jare gelewer. Wanru Haasbroek ( seuns o.13) van Eden is as junior Victor Ludorm aangewys. HS Punt het die silwer medalje in die hoërskole afdeling gewen terwyl LS Outeniqua [silwer] en LS George-Suid [brons] in die laerskole afdeling hulle merk gemaak het. Boland het die spankompetisie gewen met Eden tweede en WP derde.

Die medaljewenners is:
D/8 Ella Coetzee Silwer
S/8 Liam de Wet Silwer
D/13 Kayla Douglas Silwer
S/13 Wanru Haasbroek Goud
Judah Spies Silwer
Benjamin Bond Brons
D/19 Melissa Kuun Silwer
S/19 Hanru Kuun Silwer
Sen Dames Jo-Mari Smith Goud
Melissa Meyer Brons
Jun Mans Sebastiaan Swart Silwer
Meesters D 40+ Denise Loubser Silwer
Liesel Buitendag Brons
Meesters M 40+ Jeandre Swanepoel Brons
Meesters D 60+ Anita Louw Goud
Mandi Wallace Silwer
Meester M 60+ Louis Botha Goud
Cliff Wallace Silwer
Meester M 70+ Johan Windt Goud
Mike McDonald Silwer

Spesiale Behoefte Atlete medaljewenners – Michelle Lombard, Elizabeth Botes, Maja Ehlers, Miena Baardman, Elisma Joubert, Jannie Lourens, Pieter Henning, Francois Coetzee en Danie Botes.

Die dag is met ’n funksie op Highgate Volstruisplaas afgesluit waar meer as 440 ouers en atlete gebraai en gekuier het.

Groot dank is ook uitgespreek aan die organiseerders onder die leiding van Dave van der Walt van Eden Tweekamp.

Op sy beurt het Van der Walt groot waardering vir al die borge uitgespreek, maar in besonder vir Jean Neethling van departement kultuusake en sport, Highgate, die Oudtshoorn munisiplaiteit, Wimpy en Alert Patrol.