
Eden Jukskei eindig 4de by interdistruk kompetisie
Spelers van die Oudtshoorn Jukskeiklub het op Saterdag,1 Februarie Eden verteenwoordig by die MP Prinsloo interdistrike kompetisie. Eden het 4de algeheel geëindig. Ander distrikte wat verteenwoordig is, was Eden, WP, Kaapse Wynlande, Weskus, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Overberg. Foto bo staan Florine Zeeman (Kaptein), Alida Bothma, Jossie Nel en Isma van Tonder. Foto onder 2de van links is Bertus Nel en heel regs Antoinette van Wyk (Kaptein), albei van Oudtshoorn. Foto:s verskaf
