Die 2025 LOOP-atletiekbyeenkoms sorg vir groot opwinding op tartanbaan

Die jaarlikse LOOP-byeenkoms het Woensdag 5 Februarie op die tartanbaan, by die De Jager sportkompleks plaasgevind. Hoërskool Punt, Hoërskool Outeniqua, Langenhoven Gimnasium en Hoërskool Oudtshoorn het mekaar die stryd aangesê in die verskeie baan- en velditems. Alhoewel dit vroeër die dag lig gereën het, was die hitte gou weer terug. ’n Welkome windjie het bietjie lafenis gebied teen die warm temperatuur. Foto: Angelique Erasmus