Deur Garnett Wicomb
DIE Edentennisspan het sy oorwinning vroeër vandeesmaand oor die Oostelike Provinsie Saterdag op Worcester opgevolg met ’n sege oor Noord-Boland wat ook tot aan die einde in die weegskaal was.
In die stryd tussen die ope spanne het sake gelykop verloop met wed-stryde en stelle en het Eden uiteindelik met vier potte koning gekraai.
Die Eden 40+- span het met 9-3 gewen, maar die 50+ span het met dieselfde telling verloor.
Eden se 60+-span was egter te sterk vir hul eweknieë van Noord-Boland en het maklik met 10-2 ge-wen om Eden algeheel te laat wen.