Nicolas eerste in Parkrun

Deur Garnett Wicomb
Nicolas de Wet (19) was Saterdag eerste oor die eindstreep in die 222ste Oudtshoorn Parkrun by Surval in ’n tyd van 21 min 47 sek.

Simon de Waal (23:09) was tweede en Jana de Waal, die vrouewenner, ook in 23:09 in die derde plek.
Alta Groenewald het Saterdag die mylpaal van 100 Parkruns bereik, met haar eggenoot, Piet Groenewald, wat op dieselfde dag vir die 103de keer as vrywilliger diens gelewer het.

Die ander voorste hardlopers is:
Japie Bothma (24:02), Deon van der Walt (24:57), Daniel Raubenheimer (25:26), Fanie Olivier (27:00), Mauritz Lamprecht (28:03), Tarren Jullies (28:05) en Dale Macintosh (28:17)