Die Hoorn die afgelope 20 jaar

’n Gedeelte van dié berig oor die bekende Oudtshoorniet, Saag Jonker, wat op 31 Januarie 2002 in Die Hoorn verskyn het.

Die Highgate en Wes-Kaapse DSR se Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms het in 2003 ’n hele bladsy se blootstelling gekry.

MET Die Hoorn se 20ste verjaardag op 25 Janua­rie vanjaar het ons dit goed gedink om vanjaar weer die kollig te laat val op uitstaande of interessante sportstories oor die jare.

Die eerste storie wat ons onthou (foto heelbo), handel oor die bekende Oudtshoorniet en boer van die Klein Karoo, Saag Jonker, wat as president van die Oudtshoorn Rugbyklub aangewys is nadat Martin Bekker, toe voorsitter van die klub, en Jan Lotz – lewenslange ere-president van die klub – Jonker oortuig het om die amp van president te aanvaar. Dié berig het op 31 Januarie 2002 verskyn.

Jonker het toe reeds ’n lang geskiedenis in rugbykringe opgebou, en het onder meer vir die SWD en SA Barbarians uitgedraf.

Nog ’n storie wat ons onthou (foto bo), handel oor die Highgate Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms en Wes-Kaapse Departement Sport en Rekreasie (DSR) se Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms wat in 2003 op Oudtshoorn plaasgevind het en die prestasie van ’n jong Wicus Lombard, toe ’n leerder van die Laerskool Wesbank, wat op sy tuisdorp die Suid-Afrikaanse rekord in die o.11-ouderdomsgroep verbeter het.
Die Hoorn met dié berig het op 6 Februarie 2003 verskyn.

Byna 400 atlete uit sewe provinsies het in 2003 aan die steeds bekende kompetisie op Oudtshoorndeelgeneem.