Die Besigheidskamer Gholfdag het op 3 April by die Oudtshoorn Gholfklub plaasgevind.
Die dag is geborg deur Van der Berg Vervoer en Volmoed Quarries en daar was 40 spelers in die veld.
Die wenners van die dag was Martinus Oosthuizen en Conroy Mulder met 51 punte.
In die tweede plek met 47 punte was A Plaatjies en A Cupido en die derde plek is geneem deur F Fourie en P du Plessis met 46 punte. (Deur Lindi Brill)
Derde Besigheidskamer Gholfdag-wenners van 2024
Op die foto van links is Conroy Mulder, Danie van der Berg (borg), Martinus Oosthuizen en Abri Ferreira (Voorsitter Oudtshoorn Besigheidskamer). Foto: Lindi Brill