Die groep skopboksers van Grebe’s Kickboxing Klub is in die Eden-span opgeneem nadat hulle aan die Weskaap Skopbokskampioenskappe op 23 Maart in die Kaap deelgeneem het. Hierdie groep gaan op 26 April aan die Nasionale Skopboksampieonskappe in Potchefstroom deelneem. Op die foto van voor is Aidan Bruiners (2 brons) en Dirk-Harold Mostert (3 goud). Agter van links is afrigter Ranger Grebe, Wian Grebe (2 goud), Audan Olivier (1 goud) Anando Olivier (2 goud), Divan Rademeyer (2 goud), Simon Greeff (3 goud), Chaunique Bruce (2 goud) en Megan Grebe. Afwesig: Divan van Deventer (1 brons). Foto: Verskaf