Oudtshoorn All Blacks RVK se A en B-spanne het verlede naweek skoonskip gemaak teen Prins Albert se rugbyspanne.
Die A-span het gewen met ’n puntetelling van 47 teenoor 27 en die B-span het met ’n allemintige 63 teenoor 0 gewen.
Die top puntemakers in die wedstryde vir die A-span was Ronaldo Jansen, Waythin Campher, Wilton Hoggbaardt, Lew Marcus Kock en Michael Tyali. Vir die B-span het Tshepo Moopela, Johannes Janse van Vuuren, Roddenberry Engelbrecht, Al-John Tabie, Washif September, Gerhard Malgas om ’n paar uitblinkers te noem.
Die speler van die wedstryd vir die A-span was Ronaldo Jansen (binnesenter) en vir die B-span was Johannes Janse van Vuuren (losskakel). Die kragmeting het by die Bridgton Sportgronde op Oudtshoorn plaasgevind. Die spanne se volgende kragmeting vind op 13 April teen Knysna United op Knysna se Loeriepark plaas.
All Blacks RVK maak skoonskip
Foto’s verskaf