Bridgton rugbyspanne skitter op veld

Bridgton se eerste span teen die Evergreens wat verlede Saterdag teen mekaar gespeel het. Foto: Verskaf

Dit was ’n suksesvolle naweek op die rugbyveld vir Bridgton RFC toe hulle die spanne van Evergreens verlede naweek op die Bridgton Sportgronde ore aangesit het.

Al vier die spanne van Bridgton het as oorwinnaars van die veld afgestap. Die eerste span het hul wedstryd met ’n telling van 30-24 gewen, terwyl die tweede span met hul wentelling van 23-10 kon spog.

Die derde span het met een punt koning gekraai toe hulle hul wedstryd met 9 punte teenoor Evergreens se 8 punte gewen het.

Die vierde span van Bridgton het teen die Pumas gespeel en met ’n telling van 19-5 van die veld af gestap.

Bridgton RFC speel Saterdag, 8 Junie, hul volgende wegwedstryde teen Helderberg. (Deur Lindi Brill)

Be the first to comment on "Bridgton rugbyspanne skitter op veld"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*