Dit was ’n stil naweek op die rugbyvelde van Oudtshoorn aangesien die meeste spanne van die SWD ligas wegwedstryde gespeel het..
In Riversdal het die All Blacks teen die Blues gespeel in die SWD Eerste Liga A-afdeling. Dit was ’n harde naweek vir die All Blacks se spanne, met die A-span wat 10-37 teen die Blues verloor het, en die B-span met 3-20. Met die afgelope naweek se uitslae is dit amper onmoontlik vir die All Blacks om in die top 4 te eindig.
Die Harlequins Rugbyspan het teruggeveg en hul wegwedstryd teen Progress van George gewen met ’n telling van 24-15.
In die SWD Eerste Liga B-afdeling het die DKD Eagles die Calitzdorp Klippies aangevat, maar ongelukkig is die Eagles se vlerke geknip toe die Klippies hulle met ’n telling van 43-14 geklop het. Die Spring Roses het ’n tuis-wedstryd gespeel teen Willowmore en hul wedstryd gewen met 17 punte teenoor 12. Dysselsdorp Rangers het vir Ladismith ore aangesit en hulle op hul tuisveld met 21-15 gewen. (Deur Lindi Brill)
Rugby-uitslae van Oudtshoornspanne
