Oudtshoorniet en voormalige SWD-krieketspeler, Ottneil Baartman, het ‘n droom vertoning vir die Proteas gehad in hul eerste ICC T20-Wêreldbekerwedstryd teen Sri Lanka wat in New York gespeel is.
Baartman het met sy eerste bal ‘n paaltjie gekry en met boulsyfers van 1/9 (in 4 boulbeurte) geëindig.
Die Proteas (80/4) het ‘n omvattende oorwinning van 6 paaltjies aangeteken nadat hulle Sri Lanka vir slegs 77 ontslaan het. Foto: Verskaf