Bridgton gee Willing Hearts ’n pak

’n Vriendskaplike rugbywedstryd tussen spanne van die Bridgton Rugbyklub en Willing Hearts van Prins Albert het Vrydagaand, 28 Januarie, die eerste keer sedert die aanvang van die pandemie by die Bridgton Sportgronde plaasgevind. Hier hardloop Malusi Khumalo, flank van Bridgton, met die bal. Om aan die nodige gesondheidsregulasies te voldoen, is slegs toe­skouers wat volledig ingeënt is toegelaat. Foto: Ebenezer Titus