Booi draf weer voor

Booi Salman en Bianca van der Westhuizen was die eerste man en die eerste vrou oor die eindstreep van die 200ste Oudtshoorn Parkrun Saterdagoggend by die Surval Olyflandgoed in tye van onderskeidelik 14 min 44 sek en 24 min 37 sek.

Die meeste van die 115 deelnemers aan die 200ste Oudtshoorn Parkrun was in rooi geklee ter viering van Valentynsdag twee dae tevore.

Onder die mans was Ruan Bruwer (20:06) tweede gevolg deur Greens Groenewald (20:44), Patrick Peters (21:55), Melvin Lukas (22:31) en Francois le Roux (23:41).

Linelle Groenewald (24:08) en Tarren Jullies (26:47) was die tweede en derde vrou.

Nico Myburgh het Saterdag die mylplaal van 100 Parkruns bereik.