Oudtshoorn Rolbalklub wenners by Pretdag ter ondersteuning van Kansa

Justine Eaglestone (naas regs), president van die Oudtshoorn Rolbalklub, by die wenners van klub se pretdag Saterdag ter ondersteuning van Kansa. Die wenners is van links Herman Marais, Susan Maree en Johan Fernhout. Altesame veertien spanne het aan die pretdag deelgeneem. Onder die deelnemers was besoekers van Uniondale, waar daar ’n nuwe rolbalklub is. (Foto verskaf.)