Die span van Blacklist Security het Woensdag (23 Maart) weggestap as die wenners van die Oudtshoorn Rolbalklub se Alert Patrol Besigheidsliga. By die prysuitdeling is van links, Johan Duvenage, Jan Van Niekerk (president van die rolbalklub), Charl du Plessis, Wium Badenhorst, Coenie van Zyl en Abri Ferreira van Alert Patrol. Afwesig by die neem van die foto is nog twee Blacklist spanlede; Helmien en Adriaan Coetzee. Die wenspan is gevolg deur Van Reede 1 in tweede en Auto Select in derde. (Foto verskaf)