Junior wen Parkrun

DIE 17-jarige William van Tonder was Saterdag (26 Maart) eerste oor die eindstreep in die 279ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed met ’n blitstyd van 18 minute 17 sekondes.

DW Botma was tweede met ’n tyd van 21 minute 13 sekondes, en Bianca Malan derde en wenner van die vroue, met ’n nuwe persoonlike beste tyd van 21 minute 50 sekondes vir die 5 km pretloop.

Altesaam 64 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.

Die res van die voorste drawwers, met hul tye, was Stiaan van Wyk (23:07), Meiring Loubser (24:40), Pieter Strydom (25:40), Johann Botha (25:45), Mathys Myburgh (25:48), Tarren Jullies (25:49), Alida Geldenhuys (26:27), Albertus Kennedy (27:19), Petrus Geldenhuys(28:04), PA Geldenhuys (28:04), Francois le Roux (28:05), Ernst van Zyl (29:26), Conrad Jullies (29:38), Annemarie le Roux (31:07), Albertus Raubenheimer (31:10), Bart Saaiman (31:31), en Mariana van Zyl (32:10).

• Almal is welkom om elke Saterdagoggend aan die Parkrun deel te neem. Deelname is gratis en die vertrektyd skuif komende Saterdag na 08:00. (Deur Garnett Wicomb)