Black Widows hou veerpyltjie toernooi

Bo: Die wenners van die toernooi van links is Diederick Lerm, JP Schoeman en Stephan Swanepoel saam met Adele van Zyl (sekretaresse Black Widows Darts Club). Onder: Donevin John wat die meeste 180’s in die toernooi gegooi het. Foto’s: Verskaf

Die Black Widows Veerpyltjie klub het op 14 September hul Besigheidstoernooi by die Oudtshoorn-gholfklub aangebied.

Die toernooi was vir besighede wat spanne van drie spelers ingeskryf het. Daar was ’n totaal van 13 spanne wat deelgeneem het.

Die eerste plek is gewen deur die Valcano-span, wat bestaan het uit Stephan Swanepoel, JP Schoeman en Diederick Lerm. Die tweede plek is deur Daniel-Rudolph de Wet, Willroy du Plessis en Enrico van Rensburg van die CKI-span gewen.

Die derde plek is deur SSK-Chemicals-span, bestaande uit Donevin John, Donnelly Rhodes en Shaden John, gewen.

Deon Roos het die trofee gewen vir sy eerste 180, terwyl Donevin John die trofee gekry het vir die meeste 180’s gegooi.

Die persoon wat die hoogste toemaak aangeteken het, was Stephan Swanepoel. (Deur Lindi Brill)