Franklin Delport saak uitgestel

Die saak teen ’n 54-jarige man van Bridgton, Oudtshoorn, wat van moord en regsverydeling aangekla word, is verlede week in die streekhof vir ’n voorverhoorkonferensie tot 18 September uitgestel.

Franklin Delport word van die moord op Flip Hendricks aagekla. Delport het glo op 8 April vir Hendricks opgelaai en na sy huis geneem waar hulle na bewering in ’n argument betrokke geraak het.

Hulle het daarna na die Bridgton vulstasie gery. Hendricks het met ’n bebloede hemp uit die bakkie gespring en ’n ent verder inmekaar gesak.

Delport het met sy borgtogaansoek aangedui dat hy onskuldig sal pleit omdat hy uit
selfverdediging opgetree het.

Sy nuwe regsverteenwoordiger, adv Benito Metembo, het die hof vir uitstel gevra om met Delport te konsulteer. (Deur Garnett Wicomb)