Besonderse mylpaal vir SWD se Kennedy

Albertus Kennedy het Saterdag, 5 Februarie ’n besondere mylpaal bereik toe hy sy 150ste Oudtshoorn Parkrun voltooi het te Surval Olyflandgoed op die Schoemanshoekpad buite die dorp. Sy tyd oor die 5 km-wedloop was 26 minute 21 sekondes. Kennedy is die hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket. Foto: Garnett Wicomb