Nuus van Laerskool Wesbank

Die Laerskool Wesbank op Oudtshoorn het onlangs nuwe koshuis- en ook nuwe hoofleiers verkies. Op die foto bo is die nuwe koshuisleiers; hulle is voor van links Marli Hunlun, Zeldine Welthagen, Anke Senekal (onder-hoofleier) en Kara Janse van Rensburg (hoofleier). agter van links is Callie Wannenburg, Retief Botha, Johannes Scholtz, Gerrit Janse van Rensburg (hoofleier) en Jan-Hendrik Truter (onder-hoofleier).

Bo is die skool se nuwe hoofleiers saam met Waldo Cloete (agter, heel links) en juffrou Jackie van Tonder (agter, heel regs). Die hoofleiers is voor Kara Janse van Rensburg (links, onder-hoofdogter) en Anke van Rensburg (hoofdogter). Agter is Charlie Terblanche (links, onder-hoofseun) en Pieter Barnard (hoofseun). (Foto’s verskaf)