Dwelmsaak teen vrou van Bongolethu deur staat teruggetrek

DIE klagte teen ’n vrou van Bongolethu op Oudts­hoorn wat met dwelms van sowat R1,4 miljoen in haar besit betrap is, en vir handel in dwelms aangekla was, is in die Oudtshoorn Streekhof teruggetrek.

Khanyisa Mfumbe (35) is op 30 Desember 2020 op die Unieplein-taxistaanplek in hegtenis geneem.

Die Attaqua-honde-eenheid van die polisie was besig met ’n operasie toe Mfumbe se optrede hul aandag getrek het.

Sy het probeer om ’n groot tas met 9 000 Mandraxtablette en ses pakkies tik te versteek.

Sy is met haar eerste verskyning in die hof borgtog van R10 000 toegestaan. (Deur Garnett Wicomb)