Woensdag, 6 November se Sakekamer Gholfdag was deur Herotel geborg en weereens ’n sukses met 36 spelers wat deelgeneem het.
Die wenners van die dag was Jay Arries en William Philipus met 47 punte. André Plaatjies en Adrian Cupido was tweede met 46 punte en in die derde plek was Deon Barnard en George Fourie met 43 punte.
Die eindronde en laaste Sakekamer Gholfdag sal op 4 Desember plaasvind en spelers word uitgenooi om te kom deel in die dag.
Besigheidskamer gholfdag geborg deur Herotel
Op die foto is die wenners met hul vleispryse. Van links is Rouan Engelbrecht (Herotel), Jay Arries, William Philipus en Helen Butler (Oudtshoorn Sakekamer).
Foto: Lindi Brill