Die Hoorn kyk deur ander oë

Bo: Die Hoorn-span is, voor van links: Lindi Brill (joernalis), Tieneke Maritz (ontwerper), Elizabeth Iverach (bemarker) en Angelique Erasmus (mede-eienaar en joernalis). Agter van links is: Heinrich Bosman (finansies), Geraldine Grimbeek (administrasie) en Hannes Visser (redakteur). Foto: Die Hoorn

Met die mediabedryf wat konstant verander, is ’n nuwe perspektief op nuus nodig. Daarom kyk Die Hoorn deur ander oë na nuus en ook na ons adverteerders. Met die besluit om die koerant gratis te versprei, word adverteerders se blootstelling nie meer beperk deur die getal koerante wat verkoop word nie.

Elke kopie wat gedruk word, word nou versprei. Die gratis koerant beteken ook dat ons nuus wyer gelees word. ’n Bonus is dat Die Hoorn nou ook digitaal beskikbaar sal wees teen geen koste vir lesers nie.

Dit hou ’n verdere voordeel vir adverteerders in aangesien mense buite die verspreidingsgebied nou die koerant digitaal kan ontvang. Interessante statistieke is dat bykans 70 000 mense reeds Die Hoorn se Facebookblad volg en ongeveer 500 000 mense word weekliks deur ons plasings bereik.

Die Hoorn is die enigste onafhanklike gratis weeklikse koerant in die Klein Karoo.
Stuur ’n e-pos aan admin@hoorn.co.za om op ons digitale verspreidingslys geplaas te word.