![](https://www.diehoorn.com/wp-content/plugins/lazy-load/images/1x1.trans.gif)
Oudtshoorn lok al meer en meer kopers
Meer as 80 gaste het verlede Donderdagaand die netwerkgeleentheid van die Oudtshoorn Besigheidskamer by Black Swan bygewoon. Die aand se geselligheid met musiek en uitstekende kos, is deur Pam Golding geborg.
Tydens sy praatjie het Jacques de Beer, prinsipaal van Pam Golding Oudtshoorn, verskeie interessante feite genoem wat ’n positiewe beeld van die land en veral van Oudtshoorn en die eiendomsmark skets. Hy het onder andere die dalende rente-koerse genoem en bevestig dat Oudtshoorn toenemend deur nuwe kopers oorweeg word.
Die helfte van die laaste 12 maande se kopers is onder die ouderdom van 50 en die gemiddelde kooprys was die afgelope jaar net meer as R1,1miljoen.
Die laaste paar maande se belangstelling in Oudtshoorn- eiendomme het geweldig gestyg en die toename in registrasies weerspieël die groeiende mark.
De Beer het ook verwys na ’n groot aantal erwe wat tans geoormerk word vir residensiële eiendom en volgens hom is Oudtshoorn die ideale plek om in te belê.
“Ons werk elke dag met mense wat graag in Oudtshoorn wil woon. Hulle sien die mooi in ons dorp. Ons het regtig baie om oor dankbaar te wees.
Kom ons kies om op ons sterkpunte en geleenthede te fokus. Onthou: Jy maak ’n lewe uit wat jy het, en nie uit wat jy nie het nie,” het hy aan die einde van sy toespraak gesê.