
Janien Müller (17) is ’n graad-11 leerder by Langenhoven Gimnasium, en ook die skepper van Die Hoorn se Kieter en Kat strokiesprent.
Janien het pas haar eie kinderboek bekendgestel. “Where is my rainbow” handel oor sommige gebeurtenisse uit haar eie verlede, maar in storievorm. Janien illustreer gereeld kinderboeke met haar oulike sketse. Fondse uit die verkope gaan vir haar studiefonds wanneer sy in 2026 verder wil studeer. Sy het ook onlangs vir drie van haar kunswerke by die Tuinroete Eistedford A+++, onderskeidelik 99,5%, 95% en 94% behaal.
Sy het ses van haar kunswerke vanjaar vir die Marshmallow Excello Motif kompetisie ingeskryf. Daar is sy as nasionale wenner in hul kunsafdeling aangewys.
Hou hierdie jong kunstenaar dop, en volg haar op Facebook.
Om Janien se boek te bestel, kontak haar by 082 667 9289 op WhatsApp of stuur ’n e-pos na barendiens@gmail.com.