Ashley Julies weer vinnigste

ASHLEY JULIES (foto bo) en Melanie Fourie was Saterdag die wenners van die 323ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed.

Dit was Julies se tweede deelname aan Parkrun en sy tweede oorwinning met ’n beste tyd van 20 minute 54 sekondes.

Die voorste twintig drawwers van Saterdag se 65 deelnemers was Ashley Julies (20:54). Markus Viljoen (21:35), Logan Ellis (22:48), Francois Verwey (23:27), Lourens Swanepoel (24:10), Johann Coetzer (24:52), Pieter Fourie (26:26), Hermanus Munro (28:13), Albertus Kennedy (28:17), André du Toit (29:47), Petrus de Bruyn (31:26), Pieter Earle (33:10), Freddie Cronje (33:11) , Melanie Fourie (33:16), Ziaan Broodryk (33:53), Edzard Broodryk (33:54), Henry Carstens (34:37), Bettie Wagenaar (36:42), Tania Schlechter (37:29) en Wim Smit (37:58). (Deur Garnett Wicomb)