42 Spelers neem deel aan Oudtshoorn Rolbalklub se Pretdag op Jeugdag
Altesame 42 spelers het aan die Oudtshoorn Rolbalklub se Pretdag op Jeugdag, Woensdag, 16 Junie, deelgeneem. Die wenner was die 87-jarige Ria le Roux. Volgens Alewyn Hanekom, woordvoerder van die klub, speel Le Roux nog uitstekende rolbal en laat sy menige van die mans en vrouens in die stof byt. “ ’n Inspirasie vir almal wat lief is vir sport!” sê Hanekom. Hier is Le Roux saam met Jan van Niekerk, klubpresident. Foto: Alewyn Hanekom