39ste Freda Barnard-swemgala groot sukses

Aksie tydens die 39ste Freda Barnard-swemgala waar plaaslike en besoekende swemmers in kristalhelder kon meeding. (Foto verskaf.)

Delia van Biljon (links), afgerigter van die Fish Eagles Swemklub, by swemmers van die klub wat deelgeneem het aan die 39ste Freda Barnard-swemgala by die NA Smit-swembad op Oudts­hoorn. Voor van links is De Wet Botes (een silwer medalje en een brons), Engela de Wet (een silwer), Kenzy Barnard wat aan haar eerste gala deelgeneem het, en Nina Cloete (een brons). Agter saam met Van Biljon is van naaslinks is Christiaan van Biljon (een goud en een silwer), Ninke Griffioen (twee silwer en een brons), Jancke Potgieter (drie goud, vyf silwer en twee brons) en JW Moolman (een silwer). Van Biljon is Freda Barnard se dogter. Foto: Stefan Skapie Goosen

ONDANKS die geweldige uitda­gings en maatreëls wat sportbyeenkomste weens die Covid-19-pandemie vanjaar beperk het, is die 39ste Freda Barnard-swemgala van Vrydag, 30 Oktober, tot Sondag, 2 November, by die NA Smit-swembad op Oudtshoorn suksesvol aangebied.

Swemmers van Port Elizabeth tot Kaapstad, insluitend van reg-oor die Tuinroete, kon in kristalhelder water om goud meeding, volgens Delia van Biljon.

Van Biljon, afrigter van die Oudtshoorn Fisheagles-swemklub, sê die feit dat hulle die gala vanjaar weer kon aanbied is onder huidige omstandighede merkwaardig. “Ons doen dit elke jaar. Die kinders was baie bly om te kon meeding, al het hulle baie min geoefen,” sê sy.

Volgens Delia het die Oudts-hoorn munisipaliteit “baie mooi gehelp” en uit hul pad gegaan om by te dra tot die naweek se suksesvolle swemgala.

“Al die klubs wat die gala bygewoon het, het gesê hulle het dit geniet en dat hulle baie tevrede was met die fasiliteite. Ek moet baie dankie sê vir die munisipaliteit,” sê sy. (Deur Stefan Skapie Goosen)