DIE posduif-wedvlugseisoen het tot ’n einde gekom met die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) en die Klein Karoo Posduifklub (KKPK) wat albei Saterdag (31 Oktober) vanaf Bloemhof in die Noordwes-provinsie gevlieg het.
Die duiwe is reeds Saterdag losgelaat, en het afstande van tussen 730 km en 753 km afgelê.
Jurie Geldenhuys van OPK is die naweek as sy klub se kampioen aangewys na aanleiding van sy duiwe se prestasie die seisoen, en Cobus van der Merwe van KKPK as sy klub se kampioen.
Verder het Johan de Jager van OPK albei die dag se wedvlugte vir sy klub gewen, en het Tobie Ellis en George Erasmus van KKPK se duiwe dié klub se twee wedvlugte gewen.
OPK Ope-afdeling wedvlug 33 se uitslae is: De Jager – 1, 2 en 6; Ockie@Abe – 3; Raubenheimer Broers – 4; Geldenhuys – 5.
OPK Ope-afdeling wedvlug 34 se uitslae is: De Jager – 1 en 2; Raubenheimer Broers – 3.
KKPK Ope-afdeling wedvlug 33 se uitslae is: Ellis – 1 en 2.
KKPK Ope-afdeling wedvlug 34 se uitslae is: Erasmus – 1, 3 en 4; Ellis – 2.