DIE 16-jarige Zack Botha was Saterdag se wenner van die 329ste Oudtshoorn Parkun by Surval met ’n wentyd van 21 minute 14 sekondes.
Johan Burger en Attie Fortuin was onderskeidelik tweede en derde.
Fanie Olivier wat Saterdag sy 100ste Parkun voltooi het was vierde terwyl ’n besoeker van Engeland, Fiona Searson die eerste vrou oor die wenstreep was.
Frans Joubert het ook ’n besondere mylpaal bereik met sy 150ste Parkrun waarvan hy 76 in ander dorpe in die land gehardloop het.
Saterdag sy voorste 20 drawwers van die 55 deelnemers was Zack Botha (21:14), Johan Burger (22:28), Attie Fortuin (25:55), Fanie Olivier (26:04), Fiona Searson (26:07), André du Toit (27:10), Kruge Roeloffze (28:01), Marinds Botha (28:20), Johann Botha (28:20), Jeremy Lehmann (28:22), Candice Burger (28:25), Albertus Kennedy (28:41), Melanie Fourie (30:51), Steven Dai (32:30), Charlene Joubert (32:37) , Frans Joubert (32:53), Frans Kalp (34:19), Thomas O‘Conner (35:50), Wilfred Franke (36:37) en Jolinda Viljoen (37:50). (Deur Garnett Wicomb)
16-jarige wen Parkrun 329
Zack Botha. Foto: Garnett Wicomb
Foto onder: Fanie Olivier. Foto: Garnett Wicomb