DIE 14-jarige Gerano Rossouw (20:06) was Saterdag met sy tweede deelname die vinnigste van die 67 deelnemers aan die 330ste Oudtshoorn Parkrun.
Gerhard van Jaarsveld (21:27) was tweede en die 11-jarige Stiaan van Wyk (21:34) derde.
Hierna het gevolg Pieter Gers (22:28), Braam Nel (22:59), Reinard van Jaarsveld (23:58), Lihan van Jaarsveld (25:58), Fanie Olivier (26:08), Alexander van Wyk (27:57), Attie Fortuin (28:46), Albertus Kennedy (28:46),P Geldenhuys (29:12), Nadia Olivier (29:19), Jeanne Oosthuizen (30:03), Abraham Patrick (30:26), Jolandi Blom (31:45), Steven Dai (32:06), Liju Danielkutty (32:07), Susan van der Westhuizn (32:20) en Charlene Joubert (32:29).
Oudtshoorn Parkun word elke Saterdagoggend by die Surval Olyflandgoed aangebied en is gratis vir oud en jonk. Die wegspringtyd verskuif komende Saterdag (Saterdag 1 April) van 07:00 na 08:00 tot einde Oktober. (Deur Garnett Wicomb)
