DIE 10-jarige Lihan van Jaarsveld (foto heel links) was Saterdag die wenner van die 338ste Oudtshoorn Parkrun met ’n tyd van 25 minute 24 sekondes, met sy pa in die tweede plek en Johann Coetzer derde.
Melanie Fourie (foto naas-links) was die vrouewenner terwyl Lluwellyn Coetzee die mylpaal van 100 Parkruns bereik het. Slegs 21 drawwers het die oggend se reënweer trotseer. Hulle is verder Gerhard van Jaarsveld (25:27), Albertus Kennedy (28:14), Frans Kalp (28:20), Mathys Myburgh (28:28), André du Toit (30:33), Nico Myburgh (31:08), Johann Fitschen (33:05), Maurice Wicomb (37:19), Delia Niemand (38:31), Ellenore Cronjé (38:33), Janet Fitschen (41:07), Colette Chamberlain (42:44), Gert Pretorius (43:30), Celeste Blaauw (51:21), Jacobus Barnardt (51:34), Miemie van Niekerk (53:02). (Deur Garnett Wicomb)
10-jarige wen die 338ste Oudtshoorn Parkrun
