
■ Die huidige raad het die dorp so agteruit laat gaan dat die burgemeester nie eens meer die Kersliggies kan aanskakel nie.
■ Baie dankie vir die spoedkamera party dae in Schoemanstraat, De Rust. Hier waarsku die inwoners mekaar oor die kamera. Skuif die kamera na ’n ander plek? Mense jaag baie met onpadwaardige motors! Selfs werkers met amptelike voertuie jaag. Bekommerde inwoner
■ Dankie aan die Oudtshoorn Munisipaliteit vir die vinnige herstelwerk aan die pad by die Rust en Vrede Waterval. Waardeer dit baie.
■ Ek vind dit nogal baie vreemd dat die betonheining langs die pragtige nuwe pad na De Rust nie tussen die nuwe pad en die voetpad opgerig word nie. Was die heining nie bedoel om voetgangers, fietse en diere teen padverkeer te beveilig nie? As ons na verkeersverslae luister, maak voetgangers ’n groot persentasie van slagoffers uit. Gaan ons nie in die toekoms spyt wees nie? Ek vra maar net en sal graag ’n verduideliking wil hoor. Pieter.
■ Die sms oor vuil water en ryk mense: Ek is bly as pensionarisse ook as ryk getel kan word wat ook weekliks water koop. Ek is ook ’n SASSA-pensieonaris. So ver jy sien koop almal water; nie net ryk mense nie.