’N BUNDEL met gedigte wat sy self oor jare geskryf het, was die verras-singsgeskenk wat Lena Roelofse Saterdag tydens haar 90ste verjaardag- partytjie in die saal van die NG Kerk Welgeluk op Oudtshoorn ontvang het.
Roelofse se familie het haar Saterdag met ’n verrassingspartytjie, ’n familiereünie én die digbundel verras.
Die partytjie is deur 25 van haar familielede bygewoon.
“Dit was waarlik vir haar ’n groot dag, en sy het dit ongelooflik baie geniet,” het haar een dogter, Naomi Nel van Worcester, aan Die Hoorn gesê.
Roelofse woon al meer as 50 jaar in Oudtshoorn, en het voorheen gereeld naaldwerk gedoen en truie gebrei vir die gemeenskap.
Sy is ook baie kunstig en skryf nog gereeld gedigte en skilder ook.
Sy het ses kinders, en bly tans in ’n woonstel by haar oudste dogter, Zinobia Koegelenberg, op Oudtshoorn.
Deur Angelique Erasmus