Zibi’s 7’s sorg vir groot opwinding

Bo druk een van die spelers van Bridgton se 0.16 span wat die beker gewen het, ’n drie. Onder is die span van Laurus wat die 0.13 plaatbeker gewen het. Foto: Ebenezer Titus

BRIDGTON Sêkondere skool het verlede naweek hul jaarlikse Zibi’s sewes-toernooi by die Bridgton Sportgronde aangebied.

Met 32 spanne wat aan die toernooi deelgeneem het, was dit ’n opwindende en suksesvolle naweek van goeie rugby. Die wenners van die toernooi is soos volg:
0.13 Skild – Saturnus wen Bergsig Primêr (36 -0)
0.19 Seuns Skild – Protea Hoër wen Morestêr Hoër (7 -0)
O.19 Bowl – Villiersdorp Sekondêr wen Grootbrak Sekondêr (22-14)
0.13 Plaat – Laerskool Laures wen VRT Pitt Primêr (19 -12)
0.16 Plaat – Aurial Kollege wen Villiersdorp Sekondêr (14-12)
0.19 Plaat – Swellendam Sekondêr wen Aurial Kollege (27 – 5)
0.13 Beker – De Heide Primêr wen Colridge Primêr (34-10)
0.16 Beker – Bridgton Sekondêr wen Protea Hoër (12 -10)
0.19 Dogters Beker – Parkdene Sekondêr wen Grootbrak Sekondêr (33-0)
0.19 Seuns Beker – Worcester Sekondêr wen Bridgton Sekondêr (25 -7) (Deur Lindi Brill)