HANNO Koegelenberg het Saterdag met sy eerste deelname aan ’n parkrun die 349 ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed met ’n tyd van 22 minute 47 sekondes gewen.
Corné Koegelenberg was tweede oor die wenstreep met Jared Jordaan derde.
Bessie Zastrou, ook ’n eerste deelnemer, was die vrouwenner terwyl die veertienjarige Jordan Truter die eerste junior was.
Talle hardlopers van Hartenbos was onder die 39 deelnemers.
Die voorste twintig atlete was Hanno Koegelenberg (22:47), Corne Koegelenberg (23:35). Jared Jordaan (24:01), Jordan Truter (24:35), Harry van Bebber (25:29), Johann Truter (25:48), Bessie Zastrau (26:08), Christo Jacques Theart (26:11), Celliers Swart (26:39), Johann Coetzer (27:01), Fanie Olivier (27:23), Rowland Dicks (27:39), Gregory Havenga (30:33), Melanie Fourie (30:40), Karen Styles (31:28) en Charlene Joubert (32:48), Meggan Jordaan (33:17), Frans Joubert (34:01), Henri Roux (35: 43) en Cornelius Raath (35:44). (Deur Garnett Wicomb)
Koegelenberg wen parkrun met eerste deelname
Hanno Koegelenberg wat die Parkrun gewen het met sy eerste probeerslag. Foto: Garnett Wicomb