Dertien Wes-Kaapse skole het die afgelope naweek, 21 en 22 Maart, by Laerskool van Reede by die o.11- en o.13- rugby-en netbaltoernooie meegeding.
Van Reede se o.13- sowel as die o.11 rugbyspanne het die toernooi gewen.
Vir die o.13 span was dit die tweede agtereenvolgende jaar se oorwinning. Vanjaar was die eerste keer dat o.11-rugbyspanne aan die toernooi kon deelneem. Van Reede se span het die eindstryd teen Laerskool Albertyn van Qheberha met 14-7 gewen.
Die 0.13-rugbyspan se wentelling teen Laerskool Plettenbergbaai was 26 – 0.
Die 0.13-netbalmeisies het ’n bronsmedalje ingepalm.
Van Reede skitter by sporttoernooi
