Klein Karoo toutrek presteer by SA’s!

Bo: Laerskool Wesbank 360 kg Onder: Hoër Landbouskool Oakdale 560 kg A

Nie net het die Klein Karoo se toutrekkers absoluut geskitter by die SA-Toutrekkampioenskappe, wat op Saterdag 22 Maart by die Van Riebeecksportstadion in Mosselbaai aangebied is nie, maar hulle het ook ’n nuwe rekord opgestel.

Hierdie was die grootste enkel-skolesportgeleentheid in Afrika.

Daar het ’n allemintige 371 spanne, met sowat 2 000 deelnemers van regoor Suid-Afrika mekaar die stryd aangesê

Die rekord vir die meeste toutrekspanne by toutrekkampioenskappe is ook gebreek wat bewys dat hierdie skolesportsoort beslis vinnig ontwikkel.

Skole van die Klein Karoo wat hier deelgeneem het sluit in Laerskool Wesbank, Laerskool Laurus, Shalom Akademie, Hoër Landbouskool Oakdale, Oudtshoorn Vaardigheidskool, asook Oudtshoorn se eie toutrekspan.

Alhoewel die weerstoestande mistig was, het leerders beslis nie teruggestaan nie en het hulle uitstekend presteer. Kyk gerus na hul uitslae hieronder.

Vir meer inligting of om aan te sluit by Oudtshoorn-toutrek, kontak gerus vir Amelia Lubbe by 079 880 2777.

Laerskool Wesbank
230 kg – A: brons, B: 5de
280 kg – A: 4de, B: 15de
320 kg – A: 4de, B: 14de, C: 7de
340 kg – A: brons (D)
360 kg – A: goud, Ontwikkeling: silwer
400 kg – A: 4de, B: 7de silwer
440 kg – A: silwer

Hoër Landbouskool Oakdale
520 kg – A span silwer
520 kg – B span brons
560 kg – A span goud
560 kg – B span brons
520 kg – C span (ontwikkeling) goud
440 kg – A span goud
440 kg – B span brons
420 kg – B span silwer
600 kg – A span goud
600 kg – B span silwer
420 kg – A span goud
480 kg – A span goud
480 kg – B span silwer
480 kg – D span (Ontwikkeling) brons
Die 560 kg A span gaan vanaf 4-7 September 2025 by die TWIF 2025 Europese Buitelug Toutrekkampioenskappedeelneem by die Universiteit van Nottingham in Engeland.

Oudtshoorn Vaardigheidskool
480 kg – Ontwikkeling silwer
520 kg – 7de

Laerskool Wesbank 340 kg

Oudtshoorn Vaardigheidskool 480 kg

Oudtshoorn Vaardigheidskool 440 kg B

Laerskool Wesbank 230 kg

Laerskool Wesbank 440kg

Laerskool Wesbank 360 kg Ontwikkelingspan