Vyf SA-rekords spat by tweekamp op Oudtshoorn

Bo: Die wegspring verloop nie ewe glad vir alle atlete nie. Hier struikel een van die junior atlete tydens ‘n uitdun. Onder: Vroue 40+ uitdunne spring weg Foto’s: Hannes Visser Foto heelonder: Byeenkomsdirekteure (Van links) Len Symington, Dave van der Walt en Gerhard Louwrens. Foto verskaf

Meer as 900 atlete en meer as 4 000 toeskouers was die afgelope Saterdag, 22 Maart, deel van die SA-Tweekampkampioenskappe wat op Oudtshoorn aangebied is.

Die byeenkoms is deur Eden Tweekamp aangebied.

Volgens die organiseerders van die byeenkoms was die weerstoestande ideaal. Die baanitems is by die De Jager-atletiekbaan aangebied en die swem-items was by die olimpiese-grootte NA Smit-swembad.

Vyf SA-tweekamprekords is Saterdag verbeter.

Die baanitems het Saterdagoggend reeds om 07:00 begin en die laaste swemitem was om 15:25.
Die dag is afgesluit met die galafunksie op Highgate volstruisplaas met die prysuitdelingseremonie en ’n funksie vir ongeveer 1 200 gaste.

Die uitslae was as volg:
Spankompetisie: WP 1e, Boland 2e, Noord Gauteng 3e en Eden 4e.
Junior afdeling: Boland 1e, WP 2e, Eden 3e Suid-Vrystaat 4e.
Senior afdeling: WP 1e, Noord-Gauteng 2e, Boland 3e en Eden 4e.
Eden het puik gevaar en verower 10 goue-, twee silwer- en een brons medalje.
In die skolekompetisie het Eden ook puik gevaar. Uit die 98 laerskole eindig LS Outeniqua tweede met Paarl Gim wat wen en LS George-Suid derde.

Uit die 87 hoërskole verwerf HS Punt ’n derde plek en HS Outeniqua ’n vierde plek. Die top toekennings van die byeenkoms was:
Beste Baanatleet: Carina Swiegers (G-N)
Beste Swematleet: Schalk van Heerden (G-N)
Junior Victrix Ludorem: Sophia Greeff (OP)
Junior Victor Ludorem: Jordan Heath (OP)
Senior Victrix Ludorem: Kathleen Guy van Pittius (BOL)
Senior Victor Ludorem: Pierre Spies (G-N)

Die kersie op die koek was die 5 SA-rekords wat verbeter is:
S/11: Blake Fischer (OP)
S/13: Jordan Heath (OP)
D/15: Saskya Kistnasami (KZN)
M40+: Micheal Gibson (WP)
M70+: Michael Archer (WP)

SA Tweekamp Honoris Causa eerbewyse is ook aan drie persone toegeken: Ernst van Schalkwyk (WP), Len Symington (Boland – tweede toekenning] en Dave van der Walt (Eden – derde toekenning)

Anita Louw en Cliff Wallace (20+) en Mandi Wallace (15+) van Eden is vir hulle jare van deelname aan SA Kampioenskappe vereer.

Eden medaljewenners is: Jo-Mari Smith (Senior dames) silwer; Mike McDonald (80+) – goud.
Atlete van Eljada Nasorg – Michelle Lombard, Elizabeth Botes, Miena Baartman, Maja Ehlers, Elisma Joubert, Johan Lourens, Pieter Henning, Danie Botes en Francois Coetzee het goue medaljes ontvang vir atlete met spesiale behoeftes.

Eden-Tweekamp as die organiserende provinsie bedank alle borge wat hierdie byeenkoms moontlik gemaak het.