Nickyle Augustus het ’n helde- ontvangs gekry met sy terugkeer vanaf die SA-Atletiekkampioenskappe, waar hy drie goue medaljes ingepalm het.
Nickyle is ’n leerder by Laerskool Laurus, en het beslis die skool se naam hoog gehou.
Hy het 3 goue medaljes in die o.12 100 m, 150 m en aflos verwerf nadat hy op 23 Maart by die SA-kampioenskappe in Germiston deelgeneem het.
“Laerskool Laurus is baie trots op op hierdie belowende en talentvolle seun,” sê SW Vorster, skoolhoof.
Nickyle palm 3 goues in by SA‘s
Nikyle saam met sy onderwyser Gerrit Jansen van Vuuren, SW Vorster (skoolhoof) en Arno Jansen van Vuuren. Foto verskaf