Seeff Oudtshoorn se span is hoogs bekwaam wanneer dit kom by eiendom, en die verskeie toekennings wat hulle ingepalm het by die jaarlikse Seeff awards is ’n refleksie daarvan.
Die glansgeleentheid het by Hawthorne Boutique Hotel in George plaasgevind op 12 Maart 2025.
Seeff Oudtshoorn het met ander Seeff kantore in die Tuintoete en Oos-Kaap meegeding.
Die wenners was as volg:
Rookie of the year: Wenner – Hezali Nel
Verhurings in eenhede: 1ste – Elmerie Alberts
Verhurings in rande: 2de – Elmerie Alberts
Verkope in eenhede: 8ste – Bettie Nel
Verkope in rande: 9de – Bettie Nel
Verkope in eenhede: 10de – Lisa Meyer
Verkope in ontwikkeling: 1ste – Bettie Nel
Verkope in ontwikkeling: 2de – Lisa Meyer
Elmerie Alberts is ook erken met die 6de plek nasionaal vir verhurings in eenhede!
Welgedaan, julle kan beslis trots wees op julle fantastiese wenspan.
Seeff skitter tydens toekennings
Seeff Oudtshoorn se span, by Samual Seeff, voorsitter van Seeff Hoofkantoor (voor middel). Foto verskaf