Swaeltjieland Kleuterskool gaan op George en see-uitstappie

Die kleingoed van Swaeltjieland Kleuterskool by Greylands buite Oudtshoorn het op Donderdag, 8 Augustus, gaan fliek op George waarna die personeel met die vyftien Swaeltjies see toe is! “Dis ’n jaarlikse instelling om te gaan en die kinders geniet dit altyd vreeslik baie,” sê Daleen Wolfaardt, sosiale opheffingsbeampte en bestuurder van Swaeltjie-land Kleuterskool. Foto verskaf