Die oud-leerders van die Hoër Meisieskool op Oudtshoorn het verlede Vrydag (16 Augustus) by die Klein Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn bymekaargekom vir hul jaarlikse reünie. Matriekleerders van 1950 tot 1964 van dié skool, wat 57 jaar gelede sy deure gesluit het, het dit bygewoon. Volgens Hazel Jonker, organiseerder van die reünie, het die oud-leerders ’n besonderse band en geniet dit om oor herinneringe van die “goeie ou dae” te gesels. Voor van links is Hazel Jonker, Jeanette Tomlinson, Rosie Schoeman, Honoria Cronje, Letitia Jonck, Diane de Jager en Riette Muller. Middel van links is Stephanie Fourie en Marie Olivier, en agter van links is Hestelle Coetzee, Cecilia Alberts, Marlene van der Merwe, Helene Kotze, Annemari Lombard, Hildegarde Olivier, Lage Fourie, Anita Grobler, Jane Klaasen en Irma Lubbe. Foto: Christine Schoeman