Hoërskool Oudtshoorn het verlede Saterdag, 2 Maart, hul eerste rugby- wedstryde vir die 2024 seisoen teen Kannaland gespeel.
Die netbalspanne het onderskeidelik teen Ladismith en Towerkop Primêr gespeel. Struisies se spanne was almal onoorwonne. Die eerste rugbyspan se wentelling was 48 – 3, met die eerste Netbalspan wat ’n wentelling van 34 – 3 teen Ladismith aangeteken het. (Deur Lindi Brill)
Struisies klop Kannaland op tuisveld
Die eerste rugbyspan van Hoërskool Oudtshoorn wat verlede Saterdag hul eerste wedstryd vir die 2024 seisoen teen Kannaland gewen het. Foto verskaf