Die o.15 A krieketspan van Langenhoven Gimnasium het op 28 Februarie teen die span van Hoërskool Oudtshoorn te staan gekom. Gimmies het eerste gekolf en 128 lopies aangeteken.
Struisies is daarna almal uitgeboul vir 117 lopies. Gimmies wen die wedstryd met 11 lopies.
Op die foto is Ethan Engelbrecht wat aangewys is as die beste kolwer met 46 lopies van 49 balle.
Hy is ook as die beste bouler aange-wys met 2 paaltjies. Foto: Facebook
Gimmies o.15 A-krieketspan klop Struisies met 11 lopies
