Ontwikkellingskliniek by Bridgton

Die Eden Tweekampfederasie in samewerking met die Wes-Kaap Departement van Kultuursake & Sport en die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit Ontwikkelingsdepartement, bied op Woensdagmiddag 13 Maart 2024 tussen 15:00 en 17:00, ’n ontwikkelingskliniek vir jonger atlete by die Bridgton Sportgronde en die Bridgton swembad in Oudtshoorn aan.

Die kliniek is gratis vir alle belangstellendes (ook afrigters/onderwysers) en daar word ligte verversingspakkies aan alle deelnemers voorsien. Dit is egter belangrik om daarop te let dat daar slegs 30 persone geakkommodeer kan word.

Van die land se top afrigters, Susan Juta (swem) en Johan Windt (hardloop) sal daar wees om die atlete te help en touwys te maak. Die kliniek sal ongeveer 2 ure duur. Die deelnemers moet asseblief hulle hardloop- en swemdrag saambring.

Dit is ook belangrik dat die genomineerde bywoners van die kliniek alreeds swemvaardig is.
Stuur asseblief alle inskrywings na Ian Laubscher by laubscheri@oudtmun.gov.za voor die sluitingsdatum op Maandag 11 Maart 2024. Die organiseerder, Dave van der Walt, kan gekontak word by 082 7734 901.