Bence gekies as eerste vroue skeidsregter

Karin Bence is gekies as die eerste vroulike skeidsregter vir die Cape Town Cycle Tour. Foto verskaf

KARIN Bence van Oudtshoorn is deur fietsry Suid-Afrika gekies om die ‘commissaire’ (skeidsregter) te wees by die 5-dag toer deur die Kaapse Wynlande, die Giro du Cap Tour.

Hierdie wedren is die voorloper van die Cape Town Cycle Tour, ook bekend as die ou Argus, waarvan Bence die eerste vrou is wat aangewys is as hoof skeidsregter.

Bence is die hoof van alle tegniese aspekte van Eden Fietsry en sy dien ook op die Wes-Kaap se tegniese raad.

Bence is die enigste vrou in Suid-Afrika wat die lisensie het om skeidsregter te wees in al drie dissiplines naamlik baan-, pad- en MTB- wedrenne. (Deur Lindi Brill)