Schalk van der Merwe, ’n graad 4-leerder van Laerskool Wesbank, en Rampie Alberts van die Klein Karoo Lees- en Studiesentrum. Schalk het presteer deur die eerste graad 4-leerder in die 27-jarige bestaan van die sentrum te wees wat 1000 woorde per minuut in Afrikaans en Engels te kan lees – die ideaal vir enige leerder om te bereik. Alberts sê die leeskursus bevorder nie net leesspoed nie, maar ook hand-oog-koördinasie, konsentrasie, vloeien- de oogbewegings, selfvertroue en selfbeeld. Foto Angelique Erasmus