Sacred Heart Prefekte

Sacred Heart (RK) Primêr het onlangs ’n baie geslaagde prefektekamp aangebied, gefasiliteer deur Safe Schools. Onderwerpe wat gedek is, is onder meer effektiewe leierskap, samewerking en boeliegedrag. Die leerders het tydens ’n spesiale byeenkoms ’n eed van getrouheid afgelê en het ook hulle beffies ontvang. By die prefekte is van links mnre Jonathan Wicomb, adjunk-prinsipaal en Godfrey McCallum, prinsipaal, asook me Linie Julies, prefekteleier en organiseerder van die kamp. Foto: Ebenezer Titus